• Home
  • Photos
  • Videos
  • Catering Menus
  • Contact Us
  • Reviews
  • Braai Recipes and Tips
  • Terms & Conditions
  • Home
  • Photos
  • Videos
  • Catering Menus
  • Contact Us
  • Reviews
  • Braai Recipes and Tips
  • Terms & Conditions
PEDRO'S ASADO SPITBRAAI

blog

Steak

8/9/2010

2 Comments

 
1. Kry goeie gehalte vleis.
2. Maak seker dis goeie gehalte vleis. Dit hoef nie mature te wees nie, goeie vleis hoef nie mature te wees nie.
3. Goeie gehalte vleis maak n goeie braaier nie anders om nie. Die braaier kan net bydra tot die gehalte dis al.
4. Sout en peper is genoeg of dalk jou gusteling basting sous. Klein bietjie olyfolie en soya sous is ook n moet. Probeer ook gerasperde knoffel en vars tiemie saam met olyf olie sout en peper.
5. Maak seker die kole is lekker warm.
6. Jy kan die steak maar draai soveel as wat jy wil AS die vleis nie vet ophet nie, soos bv 'n fillet. As hy vet ophet, draai hom minder veral aan die begin dat die vet kan uitbraai.
7. Braai op hout as jy kan, as jy charcoal gebruik, maak seker die charcoal is orals warm kole anders proe jou vleis na parrafien.
8. Laat die steak rus, die sous sal in die vleis intrek en hy sal minder "rou" wees en meer sag wees. As hy te rou is kan jy hom altyd terug op die kole plaas, hy sal nie taai word nie. Hy kan net droog word so moenie dit oordoen nie. Laat die steak rus, dit sal die vog absorbeer.
9. Jy kan n sous van jou keuse oorsit. Baie opsies hier, ek verkies myne net so.
10. Almal het hulle eie manier om te braai, maak dit jou eie :)
2 Comments

Kwaai Braai Paai

8/2/2010

2 Comments

 
Picture
2 Rolle Skilferkorsdeeg 
1 Pak Spinasie 
Gaar Hoenderborsies (Gerookte Hoenderborsies kan ook gebruik word) 
1 Pakkie Gesnipperde Spek 
1 Ui 
1 Rooi Rissie 
1 Geel Rissie 
1 Pak Sampioene 
Feta 
Kaas 
Mozzarella 
Cheddar 

Metode:
Laat ontdooi die deeg en rol uit op snyplank. 
Braai ui, rissie en spek saam. 
Voeg Ina Paarman se Rosemary and Olive en peper by. 
1. Sit halfte van rou spinasie op deeg. 
2. Sny hoenderborsies in stukkies en plaas op spinasie. 
3. Sit uie en spek mengsel op. 
4. Pak sampioene op. 
5. Sit nou verskillende kase op. 
6. Eindig met ander helfte van spinasie. 
7. Plaas deeg bo-op. Verf met eier/melk. 
8. Maak deeg oral toe, soos 'n pakkie 
Gebruik rooster met randjies. 
Braai hoog op vuur. 
Braai 15minute,draai gedurig om. 
Braai tot mooi goudbruin
2 Comments

    Eugene 

    'n Braaier wat hou van sy sousie!

    Archives

    January 2016
    December 2012
    October 2012
    August 2010

    Categories

    All
    Important Verses
    Recipes

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.